SportSport

Uit die Argief: Proteas speel gelykop teen Australië in Potch

Op die ou einde kon Nathan Hauritz, die nommer 11-kolwer, die nodige lopie van die laaste bal af slaan om 'n unieke gelykop uitslag te bewerkstellig. 

In 2002 het Australië en Suid-Afrika, in die derde eendagwedstryd van sewe, mekaar in Potchefstroom op Senwespark aangevat.

Die Potchefstroom Herald het in 2002 oor die Proteas se aankoms in Potchefstroom berig. SA se veelsydige speler, Nicky Boje en sy spanmaats het reggemaak om Australië aan te vat.

In ‘n riller van ‘n stryd op 29 Maart 2002 het die Aussies se Jimmy Maher met ‘n vasberade 43 (32) dit reggekry om die Proteas se wenpoging te stuit en ‘n gelykop-uitslag te forseer.

Suid-Afrika se Jacques Kallis het die laaste boulbeurt geboul met Australië wat 11 lopies vir ‘n oorwinning gekort het met slegs een paaltjie oor.

Makhaya Ntini in die nette by Senwespark

Op die ou einde kon Nathan Hauritz, die nommer 11-kolwer, die nodige lopie van die laaste bal af slaan om ‘n unieke gelykop uitslag te bewerkstellig.

Vroeër die dag het SA 259/7 in hul 50 boulbeurte aangeteken. Dit danksy ‘n goeie 71 (101) van Jacques Kallis en ‘n aggressiewe 83 (74) van Jonty Rhodes.

Die Proteas se Makhaya Ntini met 4/33 was die tuisspan se beste bouler. Vir die Aussies het Matthew Hayden ‘n pragtige 78 opgestel.

Die Aussies het hierdie eendagreeks met 5-1 gewen.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button