EntertainmentLocal news

Woon dié veiling by en ondersteun boere geraak deur veldbrande

Kom geniet die aand met lekker musiek, lekker kos en iets te drinke. 

Nege studente van NWU hou ‘n veiling om fondese in te samel vir boere wat deur veldbrande geraak is.

Die student is honneursstudente in Ondernemingsbestuur en doen die fondsinsameling vir ‘n projek bestuur module. Geen van die winste wat tydens die veiling gemaak word, gaan in hulle sakke nie, maar alles word eerder aan Afriforum vir die “Voer vir ‘n Boer”-inisiatief geskenk.

Kaartjies vir volwassenes kos R200pp en sluit ‘n keuse van drie ete-opsies, ‘n 500ml bier, ‘n bier- of Gin proe en veilingregistrasie in.

Kaartjies vir kinder 12 jaar en jonger kos R100pp en sluit ‘n keuse van twee maaltye en ‘n koeldrank in.

Items op veiling:

  • ‘n Canik Limited edition Rugby SFT (handwapen)
  • ‘n Rossi .38 special snubnose (handwapen)
  • 4 bokse van Spier 21 Gables wyn, Pinotage en Chenin Blanc
  • ‘n Geraamde Springbok trui wat deur Rassie Erasmus gedra en geteken is.
  • 2 nagte verblyf vir 4-6 by The Fig Treehouse in Nelspruit
  • 2 nagte verblyf vir 4-6 by Inyala Game Lodge
  • 2 Vrouens Hampers met couple massages van Royal tree spa

Kaartjie Besprekings is nie individueel nie, besprekings word gemaak vir tafels van 4 of 8 individue. Alle opbrengs gaan aan Afriforum vir die “Voer vir n boer”-inisiatief.

Vir meer inligting: Kontak Tegan – 060 972 9084 (slegs WhatsApp) of barrelsbids@gmail.com

Quicket link: https://qkt.io/mNqijP

Facebook event link: https://web.facebook.com/share/Bxtehn55Pk4WUsNT/

Kom geniet die aand met lekker musiek, lekker kos en iets te drinke.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button