Photo GalleriesSchool

Asjassies in ekstase oor weermagvertoning

Die weermag het Asjassies kleuterskool besoek...

Op Vrydag 13 Mei het die SAASIC Militêre Basis se soldate ‘n program by Asjassies kleuterskool by Witrand Hospitaal aangebied. Die kleuters het langs die skool by ‘n groot veld op komberse gesit en die program wat deur die weermag aangebied is, gate uit geniet. ‘n Groep soldate het op en af marsjeer om vir die kinders te wys hoe hulle dit in die weermag doen.

Foto: Marianke Saayman

Daarna het die honde gekom en elke kind het met angs en opwinding gekyk hoe die honde ‘n “skelm” aanval. Daarna het die kleuters byna van opwinding gespring toe soldate op motorfietse bo-oor mekaar, en toe deur vuur gespring het. Al die Asjassies het die program baie geniet en sommer besluit dat hulle eendag by die weermag wil aansluit.

Kyk na die foto’s hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button