Plaaslike kunstenaar, Hendry Cordier, floreer in sy 80’s
Hendry Cordier se kunswerke sal tot 28 Mei by die galery in die Potchefstroom se hoofmuseum uitgestal word.
Die plaaslike kunstenaar Hendry Cordier se kunsuitstalling is op Woensdag 10 Mei deur sy mentor en beeldhouer, Barend Grobbelaar geopen.
In die grootste deel van Cordier se volwasse lewe was hy besig met die skep van skildery, tekeninge en beeldhouwerk.

“Henry Cordier was van die eerste plaaslike kunstenaars wat ek ontmoet het toe ek in 1972 in Potch aangeland het, en hoewel hy reeds in sy tagtigerjare is, sien ons vanaand ’n groot hoeveelheid werk wat hy die afgelope paar jare geskep het,” sê Grobbelaar.
Cordier is as verfkontrakteur opgelei, en hy het baie fyn tegnieke wat vandag nie meer gebruik word nie, aangeleer. Hierdie tegnieke het hy later begin toepas in sy skilderkuns, wat sy passie geword het.

Cordier het nooit sy liefde vir kuns eenkant toe geskuif nie, en daarom is hy steeds besig om nuwe werke te skep.
“Sy werk is onpretensieus, dit gee nie voor om iets anders te wees nie en wat jy sien is wat jy kry,” sê Grobbelaar.
Hendry Cordier se kunswerke sal tot 28 Mei by die galery in die Potchefstroom se hoofmuseum uitgestal word.
Sien meer foto’s onder:









