Photo Galleries
Foto’s van die Biltongfees
Op Vrydagaand 9 Junie was die Nelson Mandela Banketsale propvol mense wat nie kon wag om hul tande in ’n lekker stuk biltong in te sink nie. Met buffet tafels vol verskillende soorte biltong, nat, droog, wild en gewoon, was die Biltongfees werklik dié plek om te wees. Nie net kon gaste lekker biltong eet …

Op Vrydagaand 9 Junie was die Nelson Mandela Banketsale propvol mense wat nie kon wag om hul tande in ’n lekker stuk biltong in te sink nie.
Met buffet tafels vol verskillende soorte biltong, nat, droog, wild en gewoon, was die Biltongfees werklik dié plek om te wees.
Nie net kon gaste lekker biltong eet nie, maar daar was ook heerlike varsgebakte brode en smere.
Die Gereformeerde Kerk Mooirivier bied jaarliks hierdie jolige fees aan ter fondsinsameling vir die gemeente.
Almal kon soveel eet soos wat hulle wou, en daar was meer biltong as wat almal kon eet! Moet nie die volgende Biltongfees misloop nie.
Hier is al die foto’s
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




















