Fliek Vlooi: John Wick: Chapter 2
As jy mal was oor die eerste een, dan hoef jy niks minder van die tweede fliek te verwag nie. Met nóg meer aksie en nóg meer naelbyt-oomblikke, is hierdie werklik iets wat jy moet kyk. Indien jy nie die eerste fliek gekyk het nie, doen jouself ’n guns en kyk dit eers, want dan sal jy die tweede een net soveel meer geniet.

As jy van John Wick 1 gehou het, maak dan seker jy loop nie hierdie tweede aksiebelaaide fliek met die uitstekende Keanu Reeves mis nie.
John Wick: Chapter 2 is ’n opvolg op die eerste fliek waarin Keanu Reeves ‘n afgetrede kontrak-moordenaar speel, maar waar hy in die eerste fliek net raak aan sy gevaarlike verlede, keer hy in die tweede fliek volstoom terug.
Terug in sy rustige, afgetrede lewe (na hy ’n paar skurke in die eerste fliek gewys het dat hulle steeds bang moet wees vir die Boogeyman), word John (Keanu Reeves) besoek deur die magtige Italiaanse misdadiger Santino D’Antonio (Riccardo Scamarcio).
Santino wil hê John moet ’n moord pleeg en aangesien Santino hom gehelp het om uit die kontrakbedryf te kom, sodat hy kon trou en ’n normale lewe kon lei, kan hy nie werklik weier nie.
Na ’n ekstreme vorm van oorreding, besluit John om die kontrak by Santino te neem, en stem in om Santino se suster, Gianna D’Antonio (Claudia Gerini) te vermoor, sodat Santino haar plek kan inneem by die “High Table”, ’n raad van die hoogste en gevaarlikste misdaad- organiseerders.
John maak weer kontak met die organisasie waaraan hy destyds behoort het, en hulle help hom voorberei vir die moord. Hy besef egter nie dat hierdie kontrak sy hele lewe gaan verander nie, en dat een klein foutjie gaan veroorsaak dat hy nooit weer kan terugkeer na die rustige lewe wat hy met sy oorlede vrou gehad het nie.
Ek gee John Wick 9/10.
As jy mal was oor die eerste een, dan hoef jy niks minder van die tweede fliek te verwag nie.
Met nóg meer aksie en nóg meer naelbyt-oomblikke, is hierdie werklik iets wat jy moet kyk.
Indien jy nie die eerste fliek gekyk het nie, doen jouself ’n guns en kyk dit eers, want dan sal jy die tweede een net soveel meer geniet.
Die DVD is beskikbaar om uit te neem by DVD4home op die hoek van Retiefstraat en Govan Mbekirylaan, of skakel hulle by (018) 293 3895.



