CommunityLifestylePhoto GalleriesReligion

Is Kersfees ‘n Christusfees of net ‘n fees?

Pierre Puren (81) is 'n vryskutskrywer van Potchefstroom wat in sy oordenking ons weer laat nadink oor die waarheid van Kersfees.

deur Pierre Puren

Kersfees word elke jaar wêreldwyd deur Christene gevier as ‘n herinnering aan die geboorte van Jesus Christus. Jesus, wat as Verlosser deur Vader God aan hierdie sondige wêreld gegee is as losprys vir ons sonde. ‘n Losprys sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie in ‘n ewige dood verlore hoef te gaan nie, maar ‘n ewige lewe van heerlikheid met God in sy koningkryk kan beërwe.

Meeste van ons het met hierdie siening van Kersfees grootgeword as deel van ons godsdienstige opvoeding en feesviering. Wanneer daar egter deesdae oor Kersfees besin word, word bevind dat dit eerder ‘n tyd geword het wanneer die vlees, en dinge van die wêreld, hoogty vier: ‘n geskarrel om geskenke, bywoon van sosiale byeenkomste en ander bedrywighede asook ‘n oormatige eet en drinkery.

Christene wat ernstig in hulle verhouding met God is, moet hulle van wêrelse gebruike oor Kersfees distansieer. Hulle kan ook feesvier maar dan moet dit oor die Waarheid van Kersfees gaan. Die lewe is ‘n wedloop van geloof en ons moet ons prioriteite bepaal en al ons kragte inspan om die ewige lewe as prys te behaal. God het ons immers daartoe geroep.

Related Articles

Back to top button