Local news

Rommel is ‘n seer oog in Spruitstraat

Asblikgrawers se rommel hoop op op die hoek van Spruit en Peter Mokabastrate

Besigheidseienaars en inwoners is al keelvol vir die hope vullis op die hoek van Spruit- en Peter Mokabastrate wat hulle elke dag moet aanskou.

Volgens Klaas Wyma van Klaas Wyma Makelaars wat besigheid in Spruitstraat bedryf, is daar reeds vir ‘n geruime tyd vullis op daardie spesifieke hoek.

Volgens hom kan hy nie sy dienste optimaal lewer as die area in so ‘n haglike toestand is nie.

‘n Inwoner in die area, Christiaan Haefele, noem dat asblikgrawers die area gebruik om rommel neer te gooi.

“Dit is ‘n groot probleem. Hulle neem die sakke daarheen en krap dan daarin. Reg rondom die spruit is daar ‘n probleem met rommel,” vertel Haefele.

Wanneer die munisipaliteit gras sny, word daar om die rommel gesny. Hulle doen nie eers die moeite om dit op te tel nie.

* Die Herald het die munisipaliteit vir kommentaar genader, maar wag steeds vir antwoorde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button