Local news

Die Wilge-leerder buite skool raakgery

Die hoof van die skool was ook op die toneel van die ongeluk.

‘n Leerder (15) van Hoërskool Die Wilge is gister (Dinsdag, 6 Februarie) buite die skool raakgery toe sy oor die pad geloop het.

Mnr. Attie Rudd, skoolhoof van Die Wilge, het vanoggend die voorval aan die Herald bevestig en genoem dat hy op die toneel was en ook saam met die leerder na die hospitaal toe was. Die skool het ook die mediese koste betaal.

“Die leerder het volgens ooggetuies nie oor die sebrastreep geloop nie en is toe raakgery. Op hierdie oomblik word die saak nog ondersoek, sodat ons kan vasstel presies wat gebeur het,” noem Rudd.

Die leerder, wat tans in Jaar 2 is, sterk tans aan en het nie ernstige beserings opgedoen nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button