Local news

Die Wilge-leerder buite skool raakgery

Die hoof van die skool was ook op die toneel van die ongeluk.

‘n Leerder (15) van Hoërskool Die Wilge is gister (Dinsdag, 6 Februarie) buite die skool raakgery toe sy oor die pad geloop het.

Mnr. Attie Rudd, skoolhoof van Die Wilge, het vanoggend die voorval aan die Herald bevestig en genoem dat hy op die toneel was en ook saam met die leerder na die hospitaal toe was. Die skool het ook die mediese koste betaal.

“Die leerder het volgens ooggetuies nie oor die sebrastreep geloop nie en is toe raakgery. Op hierdie oomblik word die saak nog ondersoek, sodat ons kan vasstel presies wat gebeur het,” noem Rudd.

Die leerder, wat tans in Jaar 2 is, sterk tans aan en het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Related Articles

 
Back to top button