Local news

Insiggewende werkswinkel sit die klem op beweging in die klaskamer

Die Vereniging vir Welstand in Skole het Saterdag, 2 Maart ‘n insiggewende werkswinkel aangebied waar daar op gr. R-onderrig gefokus is.

Die Vereniging vir Welstand in Skole het Saterdag, 2 Maart ‘n insiggewende werkswinkel aangebied waar daar op gr. R-onderrig gefokus is. Talle kleuterskoolonderwyseresse en studente het hierdie werkswinkel by FFG bygewoon.

Die spreker was Yolandi van den Heever Breytenbach, wat die direkteur van die Oasis Club is.

Sophie Breytenbach en Yolandi van den Heever Breytenbach (aanbieder van die werkwinkel)
Yolandi van den HeeverBreytenbach was die gasspreker
by die werkswinkel wat die fokus
plaas om graad R- en grondslagfase
leerders sonder werkskaarte te
onderrig.
Yolandi van den HeeverBreytenbach was die gasspreker
by die werkswinkel wat die fokus
plaas om graad R- en grondslagfase
leerders sonder werkskaarte te
onderrig.

Die Oasis Club se fokus is om leer stimulerend vir kleuters te maak sonder werkskaarte en eerder beweging in die klaskamer toe te pas. Die doel is om deur speel te leer.

Sy is tans ook besig om kurrikulums te ontwikkel en het deeglike kennis en ervaring met die gehoor gedeel, wat ontsettend leersaam was.

Foto’s: Wouter Pienaar

Praktiese voorbeelde is geïllustreer en daar is talle antwoorde rondom benaderings ten opsigte van ‘n graad R-klas gegee.

Vir meer inligting oor die Vereniging vir Welstand in Skole kan die voorsitter, Ona Janse van Rensburg by 082 374 6027 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button