‘My Hart se Punt’ wys Volkies se identiteit op die grootskerm
Volkies het hul twee fliek "My Hart se Punt" die afgelope week by die skool vertoon.
Hoër Volkskool Potchefstroom in samewerking met Woema Produksies het vanaf 18-19 Maart hulle tweede fliek getiteld “My Hart se Punt” vrygestel.
Talle ouers, leerders en ander ywerige fliekgangers het hul komberse en kampstoele gebring om hierdie fliek op die grootskerm in Volkies se vierkant te kom kyk.

“My Hart se Punt” is ‘n opvolg op die eerste Volkie-fliek “’n Brokkie van My Hart” wat in 2020 vrygestel is.
Werner (gespeel deur Christoff Nel) is nou in sy matriekjaar by Volkies en hierdie fliek beeld sy reis tot nou uit. Verskeie ander karakters uit die eerste fliek maak ‘n terugkeer, terwyl nuwes ook vir talle onvergeetlike oomblikke sorg.
Ander rolvertolkings van Volkie-leerders sluit in Abbi (Zeldine Nepgen), Dina (Elzaan Reinecke), Emma (Lushyna Diale), Annelie (Nicki Tromp), Maryna (Kayla Maré), Chantelle (Jessica Niemand), Nico (Henré Nel), Dries (Marnu Jacobs), Armand (Anro Nel), Mielie (AB Brink), Wors (Ruben de Jager), Bulla (Jaco van der Merwe), Stefan (Hanno van Zyl), Jaco (Renier Barnard) en Hanna die spook (Allison Smit).
Le Roux Kruger, Mighael de Beer, Alicia Olivier, Cobus Crowther, Ds. Willie Henning en Volkies se voormalige hoof, mnr. Terry Nicholenas maak ook verskyning in die fliek.
Daar word ook subtiel verwys na die eerste fliek met verskillende temas wat liefde, humor en drama in Volkies se lewens uitbeeld. Verskeie agtergronde en perspektiewe van leerders gefokus van graad 8 tot matriek met seuns en dogterskarakters wat hulle rolle goed vertolk. Ernstige kwessies soos drankmisbruik by ouers word ook aangeraak en effektief met ‘n positiewe einde uitgebeeld. Bowenal het Theunis Nel (Woema Produksies) weer ‘n fliek gelewer wat Volkie-harte klokslag sal laat klop










