Local news

Nog ‘n goue medalje en rekord in die sak vir NWU spiesgooier

Jo-Ané van Dyk bring 'n goue medalje huistoe met 'n skitterende gooi van 60.80 meter.

Die NWU spiesgooier, Jo-Ané van Dyk, het weer eens haar klas en talent bewys toe sy ‘n goue medalje tydens die Afrika Spele in Ghana hierdie afgelope week behaal het.

Van Dyk het met ‘n gooi van 60.80 meter die eerste plek behaal en in dieselfde asem ook ‘n nuwe Afrika Spele rekord opgestel. Sy het sodoende die vorige rekord van 58.09 meter wat Justine Robbeson in 2007 opgestel, verbeter. Interessant is dat albei atlete onder die leiding van die welbekende spiesgooi-afrigter, Terseus Liebenberg, hierdie prestasies behaal het.

Van Dyk se landgenoot, Jana van Schalkwyk is tweede met ‘n gooi van 57.64 meter.

Josephine Lalam van Uganda was derde met ‘n 57.01 meter gooi.

Algeheel spog SA met 99 medaljes by die 2023 Afrika Spele. Dit sluit 29 goud, 31 silwer en 39 bronsmedaljes in.

 

Related Articles

 
Back to top button