Local news

Agt dood en 12 beseer na skietery by kroeg

'n Agtste slagoffer is na die insident in die hospitaal oorlede.

Agt mense is dood en 12 is ernstig beseer na vyf verdagtes Vrydagaand in ‘n kroeg in Orkney losgebrand het.

Daar was vroeër berig sewe mense is tydens die voorval oorlede, maar ‘n agtste slagoffer is in die hospitaal oorlede. Die oorledenes is twee vroue en ses mans.

Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het die verdagtes geweier om by die ingang deursoek te word en het handgemeen geraak. Met die instap by die taverne het die ligte afgegaan en verkeie skote is afgevuur.

Twaalf ander mense is ernstig beseer en word in die hospitaal behandel. Vier van die oorledenes is Suid-Afrikaners, terwyl twee ander van Mozambique en Lesotho is.

Die verdagtes het glo die kringtelevisie-stelsel, kontant van die kasregister en uit die snoekertafel geneem. Die verdagtes het glo verder kliënte van hul selfone beroof en van die toneel gevlug.

Kagiso Lazarus Mokgosi, premier van die Noordwes, sê die polisie moet alles in hulle mag doen om die skuldiges te laat boet. “Ons is hartseer en uiters geskok oor hierdie afskuwelike voorval. Ek wil die polisie versoek om alles in hul vermoë te doen om hierdie saak af te handel en die skuldiges te reg te bring.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button