SportSport

Gimmies gee Wagpos groot loesing op Mooivallei

Gimmies se 1ste XV is nog onoorwonne in die kompetisie

Gimmies se 1ste XV het vir Wagpos, met 80 – 7 Vrydagmiddag op Mooivalleipark oorrompel.

Dit is die tweede week in ‘n ry wat Wagpos 80 punte in ‘n wedstryd afgestaan het.

Volgens Jacques Botes, hoofafrigter van Gimmies, het die Potchefstromers baie goed gespeel.

“Dit het bietjie los geraak op tye maar dit is nie elke dag dat mens 80 punte in ‘n wedstryd kan aanteken nie,” he Botes gesĂȘ.

Gimmies se 1ste XV is nog onoorwonne in die kompetisie en op die stadium van die kompetisie lyk ‘n halfeindstryd plek vir die Potchefstromers na ‘n gedane saak.

Vir hulle volgende uitdaging gaan hulle Pretoria toe reis om Eldoraigne aan te vat. Die Pretorianers het die vorige week met 88 – 13 teen Wagpos koning gekraai. Dit behoort die manne van Gimmies se moeilikste toets nog te wees.

“Dit gaan beslis taai wees, die manne blaas in ons nekke en hulle het goeie momentum opgetel die laaste ruk. Dit gaan beslis ‘n groot uitdaging wees maar ons sien uit daarna,” het Botes gesĂȘ.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button