Pa in hof wat glo tweejarige vergiftig, vermoor
Die vierjarige is saam met die oom terug huis toe.
‘n Pa (30) verskyn vandag in die Stilfontein-landdroshof nadat hy glo sy tweejarige seun vergiftig en vermoor het.
Volgens Lieutenant Kolonel Amanda Funani, polisiewoordvoerder, is die pa en die ma van die drie sibbe uitmekaar uit na ‘n argument. Die pa het glo op 30 Augustus na die ma se huis in Klerksdorp gegaan en aangedring dat die kinders van onderskeidelik agt, vier en twee jaar oud hom besoek.
“Saterdagoggend het die ma uit eindelik toestemming gegee vir die kinders om saam met die pa te gaan, met die voorwaarde dat haar broer hulle vergesel. Met hulle aankoms by die pa se huis, het hy die oom van die kinders opdrag geggee om terug te gaan huis toe. Hy het die vierjarige saam met hom huis toe geneem,” sê Funani.
Die ma het later ‘n oproep van die pa ontvang waarin hy gesê het hy is op die punt om iets te doen. Sy het die kinders se ouma gebel, wat haar ingelig het dat hulle op pad hospitaal toe is nadat die verdagte na bewering homself en die twee kinders vergiftig het.
Funani gaan voort om te sê die twee-jarige was in ‘n slegte toestand, maar die agtjarige was nie deur die insident geraak nie aangesien hy nie dit wat sy pa vir hom gegee het, gesluk het nie. Die tweejarige is later in die hospitaal oorlede. Die pa is Donderdag 5 September in hegtenis geneem nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.



