Local news

Volkies se nuwe Astro-baan vir hokkie ontwikkeling

Volkies het Dinsdag sy nuwe Astro-baan onthul, 'n belangrike stap vir hokkie-ontwikkeling. Die skool bedank almal wat hierdie droom moontlik gemaak het

Volkies het Dinsdag die seremoniële uitrol van die nuwe Astro-baan behartig. Dié onthulling is die laaste fase van Volkies se Astro-projek voordat die baan amptelik geopen gaan word. Volkies werk al ‘n geruime tyd aan die Astro-projek wat nou ‘n realiteit geword het. Bane vir hokkie is nie meer vir skole ‘n lekker fasiliteit om te hê nie. Dit is deesdae van kardinale belang vir ‘n skool wat ernstig is oor hokkie ontwikkeling om ‘n Astro-baan te hê. “Van die Volkie bestuur, personeel en hokkie spelers het geleentheid gekry om die groot onthulling by te woon. “Baie dankie aan elkeen wat ‘n rol speel om hierdie droom ‘n realiteit te maak,” het die skool in ‘n verklaring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button