Local news

Promosa bekommerd oor opgehoopte vullis en oorlopende puttoilette

Die munisipaliteit het nie op navraag reageer nie.

Opgehoopte vullis en puttoilette wat oorloop, is ‘n gesondheidsgevaar vir die mense van Promosa.

Inwoners van Hillside View in Promosa sukkel al vir meer as sewe maande met vullis wat nie verwyder word nie en puttoilette wat nie leeggemaak word nie.

Martin Boosen, ‘n leier in die gemeenskap, sê die munisipaliteit word amper daagliks gekontak oor die probleem.

“Dit gaan al vir sewe maande so aan. Die mense begin nou al self hulle oorlopende puttoilette skoonmaak. Die afval word dan by die begrafplaas gestort. Dit beteken dat met die hitte wat op pad is, gaan die reuke ondraagbaar wees. Dit gaan ook verskriklik baie vlieë lok,” het hy gesê.

Volgens Martin word die vullis ook nie verwyder nie en hoop dit op agter die huise van talle inwoners.

“Dit word nou ‘n stortingsterrein agter ons huise. Almal in die gemeenskap is bitter ongelukkig. Ons kan nie so in vullis lewe nie,” het hy verduidelik.

Navraag is by die munisipaliteit gedoen, maar teen tyde van publikasie is geen terugvoer ontvang nie.

Puttoilet wat oorloop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button