Raadslede skarrel om verligting tydens waterkrisis te bied
Raadslede is besig om verligting te probeer gee aan inwoners wat nie water het nie
Wyksraadslid in Wyk 23, Werner van Onselen is van vanoggend af besig om water in die geaffekteerde areas aan te ry.
“Neem kennis hierdie is nie drink water nie maar vir spoel van toilette. Ons is besig om nog ñ tanker te reël. Die ander areas sal ook gediens word. Sodra die ander tanker beskikbaar is sal ek tye kommunikeer,” het van Onselen in ‘n boodskap gesê.
“Dankie aan Sean (Wyk 24) wat aanhou druk toepas vir die herstel van die pyp op perseël. Dankie Anné (Wyk 3) vir jou hulp met reëlings tref vir direkte kommunikasie met die Burgermeester, direkteur, en munisipale bestuurder (spanpoging),” het hy by gevoeg.
Van Onselen was vroeër vandag by Baillie Park Spar om water af te lewer.



