Waterkrisis dalk teen vanaand opgelos
Inwoners in die ooste van Potchefstroom is sonder water gelaat nadat 'n pyp wat deel van die Vyfhoeklyn is, gebars het.

‘n Pyp wat deel vorm van die Vyfhoek lyn het gisteraand gebars.
Dit het talle inwoners in die ooste van Potchefstroom sonder water gelaat.
Laerskool Baillepark het ‘n beroep op ouers gedoen om kinders wat onder toesig by die huis kan wees, nie skool toe te stuur nie.
“Geen leerder sal afwesig gemerk word nie. Personeel is by die skool soos normaal. Jammer vir die ongerief , maar gesondheid van ons leerders is prioriteit. Krane is droog by die skool. Ons kan wel water terugpomp vanaf die boorgat maar dit is minimaal en nie genoegsaam nie. Ons versoek dat kinders wat onder toesig tuis kan bly dit vandag sal doen. Die Gr. 7 groep wat tydens die eerste periode revue oefen moet skooltoe kom asb. Kan huis toe gaan daarna,” lui die boodskap van die skool.
Volgens Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, is die pyp as ‘n 450 mm pyp op die planne gewys.
“Na ‘n lang dag se grawe en water wat weg gepomp is, het die tegniese spanne gesien dat die pyp eintlik 500 mm is. Ons het verskeie diensverskaffers in die dorp en buurdorpe gekontak om die regte grootte pyp te bekom. Ons gaan die pyp gaan haal sodra die diensverskaffers vir besigheid oopmaak. Herstelwerk aan die pyp sal vanoggend begin. As als goed gaan behoort ons water teen vanmiddag weer te kan pomp en inwoners behoort teen vanaand weer water te hê,” het Tshite gesê.
Areas wat deur geaffekteer is sluit in:



