Local news
Eienaar opsoek na geliefde kokketiel in Miederpark
Fafie se eienaar soek haar graag by die huis.
Fafie, ‘n grys kokketiel, het Vrydag 18 Oktober by haar eienaar se huis in Smitstraat, Miederpark uitgekom.
Monique Henning, Fafie se eienaar, sê sy is baie mak.
“Ek hoor haar Jan Pierewiet in die area fluit, maar ek sien haar nêrens nie. Sy is my baba en ek soek haar so graag weer by die huis.”
Indien jy dalk vir Fafie gewaar, kan jy vir Monique by 072 452 2868 kontak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



