Local newsPrimary School
Baillies Tennisseuns speel harte uit
Die skool is baie trots op hul spelers.
Laerskool Bailliepark se 0/13A Tennisseuns het die Noordwes by die Nasionale PNB Paribas Rising Star Tennis Toernooi vanaf 25 – 27 Oktober 2024 verteenwoordig.
Die toernooi het in Benoni, Gauteng plaasgevind.
Die seuns het hulle harte uitgespeel en algeheel 6de in Suid-Afrika gekom.
“Ons is baie trots op die spelers,” het die skool in ‘n verklaring gesê.
Seuns: Christiaan de Wet, Edrey van Zyl, Heinrich Berner en Leander Botha.
Spanbestuurder: Mnr. Sidney Thompson
Afrigter: Hanjo Minnaar
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



