Local news

‘Daar is nie ‘n plaasvervanger vir harde werk nie’

Bly altyd leergierig, dit hou die lewe interessant.

Dr. Hannes Jonker, Potchefstroom se gunsteling ortopediese chirurg, sê hy het eintlik net ‘n dokter geword sodat hy met vakansie kan gaan.

“Toe ek ‘n kind was, het ek ‘n maatjie gehad wat se pa ‘n dokter was en hulle het altyd met vakansie gegaan waar my gesin dit nie kon doen nie omdat my pa so hard gewerk het. Ek het altyd gedink ek gaan ‘n dokter word sodat ek ook met vakansie kan gaan.”

Nou is Hannes ‘n kenner in sportbeseringsbehandeling, knie- en skouerchirurgie, en een van die voorste ortopediese chirurge in Potchefstroom.

Sy pasiënte getuig oral van sy goeie diens en hoe goed hy sy pasiënte hanteer.

Hannes is in Potchefstroom gebore, was in Laerskool Mooirivier en het as hoofseun by Hoërskool Gimnasium gematrikuleer. Hy was ook as matrikulant van die jaar 1994 aangewys.

“Ek is ‘n Potchefstromer in murg en been en ek is baie trots daarop. Ek is baie positief op ons dorp.”

Hannes het vir sewe jaar in Bloemfontein studeer, waarna hy vir ‘n jaar sy internskap in Rustenburg gedoen het. Hy het ook vir twee jaar by die Militêre hospitaal in Bloemfontein gewerk en was ook ontplooi. Daarna het hy vir nog vyf jaar in Bloemfontein studeer om as ortopediese chirurg te spesialiseer. Hy het by Rosebank in Johannesburg super spesialiseer en Dr. Mark Ferguson was sy mentor. Hy het nie daar gestop nie, as deel van sy studies was hy ook in Duitsland en Amerika.

Hannes het sy privaat praktyk 15 jaar gelede in Potchefstroom gevestig en dit het sedertdien gegroei tot ‘n drieman-spesialiseenheid, met elkeen wat spesialiseer in ‘n subset van ortopediese chirurgie. In Julie vanjaar is die hele groepspraktyk vernuwe en staan dit nou bekend as Ortho Sport.

“As jy passievol is oor dit wat jy doen, maak dit die lewe baie makliker. Daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie. Die hospitaal is soos my huis en die pasiënte is soos my familie. Ek het ‘n passie vir my werk en vir my pasiënte. Dit is so belangrik om almal dieselfde te hanteer en respek vir almal te hê, maak nie saak wie hulle is nie.”

Hannes gaan voort om te sê hy het nog nie een dag van werk gemis nie, nog nooit siek ingebel of ‘n pasiënte gekanselleer nie.

Hy is al vir 20 jaar getroud en het drie kinders. Wanneer hy nie by die hospitaal of by sy gesin is nie, doen hy driekamp, ry bergfiets of draf.

“Dit is so belangrik om ‘n aktiewe leefstyl te handaaf. Ek probeer dit so veel as moontlik vir my kinders ook leer,” vertel hy.

Hannes is ook betrokke by baie projekte in die gemeenskap wat waarde tot die gemeenskap voeg.

“Ek glo daarin om te belê in enigiets wat waarde tot die samelewing voeg. Almal wil tog die beste hê. Ek glo regtig daaraan om altyd die beste in ander te sien. Moet nooit dink dat jy groter is as dit waarmee jy besig is nie. Bly altyd leergierig, dit hou die lewe interessant.”

Foto deur: August Photography.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button