Local news

BirdLife Wesvaal se afsluiting ‘n reuse sukses

Die verrigtinge is op 'n hoë noot afgesluit.

Die Algemene Jaarvergadering en afsluiting van BirdLife Wesvaal was ‘reuse sukses. Die hoeveelheid mense wat dit bygewoon het, het verwagtinge oortref.

Die lekker kuier-geleentheid het op 7 November by die Elgro Hotel plaasgevind en John Kinghorn van BirdLife Suid Afrika was die gasspreker vir die aand.

Die standaard agenda-items insluitend die goedkeuring van vorige verslae van 2023, die voorlegging van 2024 se finansiële state en die voorsittersverslag is bespreek.  Die aankondiging van ledegeld en die goedkeuring van BirdLife Wesvaal se Grondwet is ook aangespreek.

Die klub het klublede uitgenooi om hul versoeke en voorstelle vir die 2025-jaarprogram in te dien.

“BirdLife Wesvaal wil sy opregte dank uitspreek aan drie toegewyde bestuurslede wat hul ampstermyn in die bestuurspan voltooi het. Hulle harde werk, toewyding en inspirerende leierskap het bygedra tot die klub se groei en sukses oor die jare. Ons bedank Roy Byers, Nick Jonas en Tommie Drinkwater opreg vir hul onskatbare diens en wens hulle alle sterkte toe vir die toekoms.

“Ons is verheug om aan te kondig dat die volgende klublede deur BirdLife Wesvaal genomineer, gesekondeer en goedgekeur is om sleutelportefeuljes in die bestuur vir 2025 te beklee,” het die klub in ‘n verklaring gesê.

Beskermheer: Rudy Erasmus
Voorsitter: Pieter Labuschagne
Ondervoorsitter: Zybrand Lombaard
Sekretaris: Lawren Oelofse
Tesourier: Johan Yssel
Media: Lounell White
Aktiwitetskoördineerder: Lieske Burger
BLWV Projekkoördineerder: Linda Marais
Nasionale Projekkoördineerder: Alet Steyn

“Baie geluk aan die nuwe bestuurspan met julle verkiesing en sterkte met al julle aktiwiteite.  Aan ons  lede vir julle  deelname aan die verkiesingsproses, baie dankie, dit word waardeer.

“Baie dankie aan ons gasspreker, John Kinghorn van BirdLife Suid Afrika vir ‘n baie insiggewende voorlegging en praatjie. Jou humor en passie vir bewaring is aansteeklik en het beslis bygedra tot die sukses van ons klubbyeenkoms.  Jou toewyding en liefde vir voëlbewaring is inspirerend. Ons wens jou alle sukses en voorspoed toe met jou loopbaan by BirdLife Suid-Afrika.  Hou asseblief aan om jou kundigheid en entoesiasme te deel – jy maak ‘n verskil.”

Die verrigtinge is op ‘n hoë noot afgesluit, met heerlike verversings wat deur die klub geborg is. Lede het lekker saamgekuier en die aand geniet. Die gees van vriendskap en die gemeenskaplike passie vir die liefde van voëls en die natuur wat BirdLife Wesvaal definieer, is herbevestig.

“Terwyl ons 2024 afsluit, wil ons, ons innige dank uitspreek aan elkeen van julle wat bygedra het tot BirdLife Wesvaal se sukses gedurende 2024. Julle ondersteuning, deelname en entoesiasme het hierdie jaar werklik onvergeetlik gemaak. Dankie dat julle deel is van die BirdLife Wesvaal-familie.”

John Kinghorn en Pieter Labuschagne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button