Local news

Polisie vra hulp in soektog na tiener

Booysens wat in Freemanville in Klerksdorp woon is laas deur haar pleeg ouers op 11 November gesien. 

Die polisie in Klerksdorp het die gemeenskap se hulp gevra in die soektog na 16-jarige  Catharina Booysens.

Booysens wat in Freemanville in Klerksdorp woon is laas deur haar pleeg ouers op 11 November gesien.

Volgens Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het die polisie se soektog nog nie positiewe resultate gewys nie.

“Die soektog was in die Klerksdorp omgewing gedoen en alle leidrade is opgevolg. Op die stadium weet niemand wat sy aangehad het, ten tyde van haar verdwyning nie. Sy is lig van gelaat, skraal gebou met grys oë en bruin hare,” het Myburgh gesê.

 

As iemand inligting het rondom waar Booysens haarself bevind kan hulle die ondersoekbeampte adjudant Tiny Tshiba by 082 568 6909 of 060 967 3965 kontak. Mense kan ook die SAPD se Crime Stop nommer gebruik, 08600 10111 of die MySAPS toep.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button