Swaar reën met erge donderbuie word hierdie naweek vir die Noordwes voorspel.
‘n Geel vlak 4 waarskuwing van erge donderstorms met moontlike skadelike winde, groot hoeveelhede klein hael, oormatige weerlig en swaar reënbuie is vir Sondag, 5 Januarie deur die Suid-Afrikaanse weerdiens vir groot dele van die Noordwes uitgereik.
Hierdie swaar weer kan moontlik lei tot oorstromings van vatbare paaie, laagliggende gebiede en brûe, gelokaliseerd skade aan formele en informele nedersettings en infrastruktuur, en moeilike rytoestande weens gladde paaie.
Reën van 50 tot 70mm kan in sommige gebiede uitsak.
Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees, hulle hoofligte aan te skakel, ‘n veilige afstand te handhaaf en nie oorstromende laagwaterbrûe te probeer oorsteek nie.




