Local news

Vyf vas vir ontvoering en moord

Die liggaam was reeds in die vroeë stadium van ontbinding.

Die polisie in Hartbeespoortdam, Noordwes het vyf verdagtes in verband met die ontvoering en moord van Lesego Klaas Makaku (26) in hegtenis geneem.

Lieutenant kolonel Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is in hegtenis geneem na ‘n voorval waarin die slagoffer daarvan beskuldig is dat hy ‘n selfoon in ‘n kroeg in Sangiro informele nedersetting, net buite Hartbeespoortdam gesteel het.

“Daar word beweer die oorledene het op Dinsdag, 31 Desember 2024 by sy meisie gekuier toe hulle albei na ‘n nabygeleë kroeg vir ‘n drankie gegaan het. Terwyl hy daar was, is Makaku daarvan beskuldig dat hy ‘n selfoon gesteel het.”

Makaku is glo daarna met geweld by die kroeg uit en in die straat gesleep, waar hy erg deur ‘n groep mense geslaan is. Hy is glo na ‘n nabygeleë dam gesleep en binne gegooi.

Slegs sy t-hemp is naby die dam gevind en na bewering deur sy meisie geneem, wat die oorledene se ma ingelig het. Die ma het gevolglik die voorval by die polisie aangemeld.

Die polisie het voorlopig na Makaku se liggaam begin soek en die polisie se duikeenheid het die area by die dam deursoek, maar die liggaam kon nie gevind word nie.

Op 2 Januarie is twee persone in verband met die saak vir ondervraging ingeneem waarna een van hulle die polisie na die halfnaakte liggaam van die slagoffer in bosse naby Sangiro informele nedersetting geneem het. Die liggaam was reeds in die vroeë stadium van ontbinding.

Na die ontdekking van die lyk het die polisie nog drie verdagtes aangekeer, een verdagte is steeds op vrye voet.

Alle verdagtes, tussen 19 en 40 jaar oud, sal na verwagting Maandag, 06 Januarie 2025 in die Brits-landdroshof op aanklagte van ontvoering en moord verskyn.

Die ondersoek duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button