Local news

Kragpale ‘n gevaar vir inwoners

Inwoners is bang die pale val om.

Kragpale in Uitbreiding 7 in Promosa hang glo vir maande al skeef en hou moontlik gevaar vir inwoners in.

Inwoners is bang sterk wind waai een van die pale om, wat dan nie net groot probleme kan veroorsaak nie, maar ook iemand se lewe kan neem.

Frans Peppes, ‘n lid van die Promosa-gemeenskap sê die pale hang al vir maande so. Hy het self al verskeie kere die probleem by die munisipaliteit gerapporteer, maar niemand het tot dusver uitgekom om na die probleem te kyk nie.

Navraag is by die plaaslike munisipaliteit gedoen, maar geen terugvoer is ten tyde van publikasie ontvang nie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button