Local news

Skakelstasie vat vlam, inwoners sonder krag

Krag sal na verwagting teen vanaand herstel word.

In die vroeë oggendure van Woensdag, 22 Januarie, ongeveer 01:30, het inwoners van Mohadin en Promosa se krag afgegaan. Inwoners het die probleem by die plaaslike munisipaliteit rapporteer.

Die munisipaiteit het in ‘n verklaring gesê dat ‘n skakelstasie in Stanleystraat in Promosa gebrand het.

’n Ondersoek het getoon dat die brand veroorsaak is deur indringers en diewe wat die stasie gevandaliseer het, wat tot die vernietiging daarvan gelei het. Boonop is nog ‘n mini-substasie in Promosa ook gevandaliseer.

Tans ervaar Mohadin ‘n algehele kragonderbreking, en sommige gebiede in Promosa word ook geraak.

“Tegnikuste van die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit se elektriese afdeling is op die perseel en werk onverpoos om die krag te herstel. Gegewe die erns van die situasie, verwag ons om krag later vanaand te herstel.” Het die munisipaliteit in die verklaring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button