Local news

NWU gaan koshuis na Siya vernoem

Die koshuis se naam verandering sal amptelik op 24 Februarie plaasvind.

Die Dennedorp koshuis op die NWU se Potchefstroom kampus gaan binnekort, die Siya Kolisi koshuis heet.

Die universiteit het in ‘n verklaring gesê, dat die koshuis se naam verandering amptelik op 24 Februarie sal plaasvind. Dennedorp bied hoofsaaklik, verblyf vir studente wat aan die NWU se rugbyinstituut verbonde is.

‘In ‘n era waar universiteite daarna streef om inklusiewe en inspirerende omgewings te skep, sal die vernoeming van Dennedorp-koshuis na Siya Kolisi nie net sy merkwaardige prestasies vereer nie, maar ook die kernwaardes van veerkragtigheid en gemeenskapsbetrokkenheid wat hy verteenwoordig. Kolisi se reis van die township van Zwide na die kapteinskap van die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan is ‘n voorbeeld van die aspirasies van baie studente wat uitdagings in die gesig staar en tog streef na uitnemendheid,” het Bert Sorgdrager, NWU-raadsvoorsitter, gesê.

Daar word verwag dat Kolisi ook die geleentheid gaan bywoon.

Volgens die NWU se verklaring gaan daar op dieselfde dag, ‘n multi-sport koshuis ook geopen word. Hierdie koshuis word amptelik deur die Springbok-afrigter dr Rassie Erasmus geopen. Die twee koshuise sal 204 inwoners huisves. Die nuwe koshuis sal Invictus heet.

“Die naam Invictus is afgelei van Latyn, wat onoorwonne beteken en het historiese betekenis aangesien dit veerkragtigheid, krag en ‘n ontembare gees simboliseer. Die term word wyd erken vanweë die bekende gedig Invictus deur William Ernest Henley, wat temas van volharding en selfbeheersing in die aangesig van teëspoed spreek,” lui die verklaring.

Volgens prof Bismark Tyobeka, visekanselier van die NWU, het die nasionale rugbykaptein ‘n nalatenskap wat vir ander waardig is om na te streef.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button