Local news

Groot voordele wanneer jy ‘n troeteldier by PAWS aanneem

Jy sal die liefde en kameraadskap van ‘n beste vriend kry.

Daai is ‘n klomp oulike viervoetige kinders wat by Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) wat wat om deel van ‘n liefdevolle huis te word en as jy vinnig optree, kan jy groot voordele daaruit trek.

PAWS het nou ‘n groot geleentheid vir die eerste 60 mense wat ‘n troeteldier aanneem.

Nie net sal jy die liefde en kameraadskap van ‘n beste vriend kry nie, maar jy kan ook uitsien na die volgende voordele:

  • ’n Stewige sement kos/waterbak van Fleur Tuinornamente.
  • ‘n Versorgingsbewys van óf Cotton Cloud Pet Grooming Parlour óf Michele’s Honde Salon.
  • Twee nagte se verblyf vir jou troeteldier by Tip Top Centre.
  • ‘n Warm, knus kombers met vergunning van Platteland Slaghuis Potchefstroom.
  • ‘n Gratis tweede inenting van Bult Dierekliniek.

Indien jy ‘n kat wil aanneem, sal die kostes R600 wees. (Alles ingesluit.) Klein rasse hondjies – R800. (Alles ingesluit.) Medium tot groot rasse honde – R950. (Alles ingesluit.) Krag-rasse – R1000. (Alles ingesluit.)

Hier is die proses om ‘n hond of kat aan te neem:

  • Jy besluit watter hond of kat met jou hart praat.
  • Jy vul ‘n aansoekvorm by PAWS in.
  • PAWS kom doen ‘n huisinspeksie by jou huis.
  • Wanneer jy goed gekeur is, word jou hond of kat gesteriliseer en kan jy hom direk na sterilisasie by PAWS optel.
  • Indien die hond of kat reeds gesteriliseer is, kan jy jou hond of kat onmiddellik by PAWS optel.

Indien jy ‘n troeteldier wil aanneem, kontak vir PAWS by 071 681 9264.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button