Volkie sse rugby manne het ook aan hulle fiksheid in Durban gewerk
Volkies se verskeie sportspanne het ook soos oudergewoonte op verskeie plekke gaan toer oor die vakansie.
Die rugby manne het weer hulle staal tydens die Glenwood week in Durban gaan wys.
Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, was die toer goed gewees, veral vir hulle doelwit om nader aanmekaar te kom as ‘n span.
“Ek dink ‘n toer is ‘n goeie plek waar mens kultuur kan vestig, daar waar hulle in mekaar se spasie is, kom die karakters uit. Ons het ‘n paar goedjies op ons aanval ook uitsorteer,” het hy gesê.
Volkies het al hulle wedstryde op toer gewen.
Die netbaldogters, het by Hoërskool WAterkloof aan die Klofie-netbalfees deelgeneem. Die dogters het baie goeie netbal opgelewer met verskeie mooi uitslae.
Die o.16 dogters het besonders goed presteer met ‘n ongelooflike toernooi waar hulle 11-uit-11 wedstryde gewen het.
Dit het goeie oorwinnings teen groot skole soos Waterkloof, Helpmekaar, La Rochelle en Centurion ingesluit.
Volkies se eerstespan seunshokkie het aan die Fairweather Festival in Pietermaritzburg deel geneem.
Dit was baie goeie ervaring en ‘n geleentheid om teen van die voorste hokkie skole mee te ding.
Volkie sse rugby manne het ook aan hulle fiksheid in Durban gewerk
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.