Local news

Gimmies se sport spanne het lekker getoer

Gimmies se sportspanne het die land vol getoer

Gimmies se sportspanne het oor die afgelope vakansie verskeie toere bygewoon.

Die 1ste XV het in Riversdal aan die Oakdale rugby week deelgeneem. Volgens Regardt Kleingeld, direkteur van Rugby by Gimmies, het hulle twaalf 0/17s gevat om ondervinding op te doen.

“Dit was die moeite werd. Matthew Redelinghuys is gekies vir die Oakdale XV vir die week vir sy uitstaande vertoning in sy posisie,” het Kleingeld gesê.

Die 1ste XV het 26 – 5 teen Bredasdorp gewen, 29 – 24 teen Oos-Kus Gimnasium gewen maar het teen ‘n sterk Hoërskool Strand, 45 -21 die knie gebuig.

Die 0/14A, 0/15 A en B en 0/19B/C groep het Hansieweek toe getoer.

“Dit was die eerste keer dat ons tweede span toer en ook dat ‘n B span toer.

“Ek is trots op al die Gimmies wat getoer het en die skool se naam hoog gehou het. Al is dit ‘n herbou is ek bly hoe ons vorder. Klein stappies,” het Kleingeld verduidelik.

Gimmies se netbaldogters het tydens die vakansie aan die Menlo-toernooi deelgeneem. Die spanne het o.a. kragte teen Helpmekaar, Paarl Gim, Oranje Meisies en Durbanville gemeet.

Die senior seuns hokkie-spanne het aan die Keith Fairweather-hokkietoernooi in Pietermaritzburg deelgeneem. Die eerste hokkiespan wen al vier hulle wedstryde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button