NWU reeks wedstryde weens voortdurende reën gekanselleer
Ongeveer 135 rugby spanne sou die komende naweek op die NWU en Gimmies se velde gespeel het.
Die NWU-reeks se halfeindstryde wat die naweek sou plaasvind is vandag gekanselleer.
Ongeveer 135 rugby spanne sou die komende naweek op die NWU en Gimmies se velde gespeel het. Volkies en Wesvalia sou die hoofwedstryd van die dag op die Fanie du Toit gewees het.
Die wedstryde is tot verdere kennis uitgestel weens die voortdurende reën wat in Potchefstroom en omliggende areas geval het. Die velde kan nie gebruik word met die hoeveelheid water wat daar op is nie.
“Ons verseker u dat die pad vorentoe duidelik en betyds aan alle skole gekommunikeer sal word, sodat verdere beplanning in ooreenstemming gedoen kan word,” het Michael Bondesio, sameroeper van die NWU-reeks in ‘n boodskap aan skole gesê.



