Hoër Volkskool het onlangs uitmuntend by die NWU-reeks semi-finaal presteer.
Die senior tennis span het 36 – 27 teen Zwartkop gewen en die junior span het 40 – 23 teen wagpos gewen.
“Baie geluk aan ons senior tennis span wat hulle NWU-reeks semi-finaal 36-27 teen Zwartkop wen. Dit verseker dat ons seniors vir posisie 1 of 2 later die maand gaan uitspeel,” het die skool in ‘n verklaring gesê.
“Ons junior span het ook ‘n goeie oorwinning van 40 – 23 teen Wagpos behaal en sal uitspeel vir posisie 9 of 10. Baie geluk aan ons tennis met hierdie mooi uitslae!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



