Local news

Bailliepark VLU-dames blink uit

Bailliepark VLU het drie dames uit die tak gehad wat hul knopies vir langejare diens ontvang het.

Vroue van die Bailliepark VLU (Vroue Landbou Unie) het heerlik saamgekuier tydens ‘n onlangse konferensie wat gereël is deur die Leeuhart VLU.

Hulle het ‘n wonderlike ontvangs vroeg die oggend gehad onder die skaduryke bome van die NG Kerk Mooirivier. Koffie, tee en heerlike versnappings is aangebied.

“Ons het ‘n baie opwindende dag gehad met al die uitslae wat deur verskeie takke verower is,” vertel Driena Fourie, Skakelbeampte van Bailliepark VLU.

Bailliepark VLU het drie dames uit die tak gehad wat hul knopies vir langejare diens ontvang het. Lettie de Bruin is reeds 60 jaar deel van die organisasie, Riekie Gildenhuys 40 jaar en Rina van Tonder het 30 jaar diens aan die VLU voltooi.

Lettie de Bruin se dogter, Madra, van die DAPotchefstroom, het spesiaal die knopie kom aansteek by die geleentheid.

“Toewyding aan die VLU is voorwaar ‘n uitmuntende prestasie. Geluk aan al drie die dames wat ons trots gemaak het,” het Driena gesê.

Lettie de Bruin vier 60 jaar se diens aan die VLU.
Haar dogter, Madra, het die spesiale geleentheid saam
met haar bygewoon.
Rina van Tonder met 30 jaar diens aan die VLU.
Riekie Gildenhuys met 40 jaar diens aan die VLU.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button