
Potch Dorp het die afgelope naweek, in die Phillip van Rensburg uitdaagbeker(PVR), in die halfeindstryd teen Northam Wolves verloor.
Meeste kenners het gedink dat die Wolves op pad na die eindstryd vir Dorp uit die pad gaan vee. Dorp het uiteindeli kdie wedstryd 28 – 43 verloor.
Dit was nie beslis nie enrigting verkeer nie.
Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Dorp, het die Potchefstromers nie goed begin nie.
“Dit was asof die manne te senuweeagtig was en nie kop gehou het nie. Ons het geweet hulle gaan hard kom in die eerste 20 minute en ons moes net seker maak ons bly kalm gedurende daardie periode en wees effektief op ons verdediging, maar toe gebeur dit nie. Ons het te veel direkte duikslae gemis en op aanval nie goeie besluite gemaak nie,” het Stewart gesê.
In die tweede helfte het die Potchefstromers ‘n goeie terugveg poging geloots.
“Ons het in tweede helfte baie meer beheer gehad en skitterend terug geveg. Soveel so dat ek begin voel het dat ons die wedstryd begin beheer. Ons het drie kanse om drieë te druk laat glip en dit het ons gekos. Ons het hard gewerk vir ons punte en dan staan ons direk daarna ‘n drie af weens swak duikslae. Dit was ‘n harde wedstryd en ons het geleenthede geskep maar kon net nie afrond nie. Ek dink belangrikste is dat die spelers nou weet hulle kan met selfvertroue teen spanne soos die Wolves kompeteer,” het hy gesê.
Dorp het goeie lesse uit die wedstryd geleer wat hulle in hulle Neser- liga veldtog ten volle sal toepas.
Die ander uitslae van die PVR en Mervyn Taylor Skild is as volg:
Impala 10 vs Northam Rhinos 91
Matlosana 22 vs Klerksdorp 58
Hurricanes 0 vs Sibanye 106
Ikageng 0 vs Lichtenburg 101
Potch Dorp 2 55 vs NWU Mafikeng 12
Zeerust 30 vs Klerksdorp 2 7



