Local news
N12 nou die pad van ongelukke
Motoriste word gemaan om versigtig te wees en die padreëls te gehoorsaam.
Verskeie langnaweke lê voor en groot kommer heers oor die groot getal padongelukke wat die afgelope tyd in en rondom Potchefstroom aangemeld is.
Op 29 Maart was vyf voertuie in ‘n ongeluk op die N12 betrokke. Op 7 April, omstreeks 19:30, is die soveelste ongeluk op die N12 aangemeld.
Johan Naude, provinsiale direkteur van die DA, sê hy was self op een van die tonele van ‘n ongeluk wat op 29 Maart plaasgevind het.
“Daar was minstens vyf mense met beserings, gelukkig is niemand tydens die ongeluk oorlede nie.”
Motoriste word gemaan om versigtig te wees en die padreëls te gehoorsaam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



