Local news

Inwoners verantwoordelik vir eie tuinvullisverwydering

Daar is opsies oor hoe jy van jou tuinvullis ontslae kan raak.

Die inwoners van Potchefstroom sowel as Ventersdorp is verantwoordelik om hulle eie tuinvullis te verwyder.

Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit het nie die kapasiteit om tuinvullis te verwyder nie.

“As gevolg van die operasionele beperkings van Munisipale Kompaktorvragmotors, word die Munisipaliteit nie toegelaat om tuinafval uit woongebiede te versamel of te verwyder nie. Tuinvullis sluit tipies items soos grassteggies, boomtakke, blare en ander organiese tuinafval in. Hierdie materiaal is nie geskik vir kompaktorvragmotors nie en kan aansienlike meganiese skade, operasionele vertragings en veiligheidskwessies veroorsaak. So bly elke huishouding verantwoordelik vir die behoorlike wegdoening van sy eie tuinafval.”

Inwoners word versoek om van die wettige wegdoeningsmetodes gebruik te maak deur:

  • Vervoer van tuinafval na die naaste stortingsterrein, waar aangewese areas vir groen afval beskikbaar is.
  • Kompos van tuinmateriaal by die huis, waar moontlik, om volhoubare afvalbestuur te bevorder.
  • Raadpleging van private vullisverwyderingsdienste, indien meer hulp nodig is as wat Munisipaal verskaf word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button