Gimmies gaan hulle Noordvaal bowl afdeling titel, die komende naweek begin verdedig.
Die Potchefstromers reis na Ermelo vir hulle eerste wedstryd van die liga, Ermelo is een van die nuwe gesigte in die bowl afdeling.
“Is ons reg? Ja natuurlik,” het Regardt Kleingeld, direkteur van Rugby by Gimmies, in kort gesĂȘ.
Gimmies het ook lanklaas ‘n wedstryd gespeel met die NWU reeks se laaste uitspeel wedstryde wat gekanselleer was.
“Die positief daaruit is dat die ouens vars is, en almal wat beserings gehad het, is gesond. Ons is opgewonde om die Noordvaal liga te begin. Dit gaan moeilik wees om ons titel te verdedig, maar ons is reg daarvoor om ons beste te gee,” het Kleingeld gesĂȘ.



