Local news

Maak seker jy kyk na die maan vanaand

Maak seker jy kry vanaand die beste uitsig van die "Strawberry Moon."

Sterrekykers kan vanaand, 11 Junie uitsien daarna om die baie spesiale “Strawberry Moon” vanaf Potchefstroom te sien. Die maan sal om 16:32 opkom en om 06:01 ondergaan. Die huidige fase van die maan is ‘n Waxing Gibbous, wat beteken dat dit die grootste deel van die nag sigbaar sal wees.

Hierdie volmaan het die onderskeiding dat dit die laagste in die lug is sedert 2006, ‘n gebeurtenis wat eers in 2043 weer sal plaasvind.

Die maan sal nie rooi van kleur wees soos dit tydens die bloedmaan in Maart was nie, maar ‘n goue kleur.

Junie se volmaan kry sy naam van seisoenale plantgroei, volgens die Old Farmer’s Almanac. Baie rypwordende aarbeie was gereed om rondom hierdie tyd in die noordoostelike Verenigde State geoes te word.

Die maan sal vanand regoor die land sigbaar wees, mits dit nie deur wolke of ligbesoedeling verberg word nie. Om die beste uitsig te kry, vind ‘n plek met ‘n duidelike, onbelemmerde uitsig op die oostelike horison, aangesien die maan laag in die lug sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button