Local news

Potchefstroom neem afskeid van geliefde NWU-professor

Nadat hy sy meestersgraad verwerf het, het hy in 1983 as professor by dié universiteit gewerk.

Prof. Manie Geyer (74), ‘n bekende oud professor van die Noordwes-Universiteit, het op 21 Junie sy stryd met Limfoom kanker verloor.

Gebore in Johannesburg, het hy op ‘n plaas in Pongola naby Piet Retief grootgeword. Hy was in Laerskool Pongola en het sy hoërskool loopbaan by Amsterdam Landbou Hoërskool voltooi. Daar het hy verskeie medaljes vir landbou en veeteling verower.

Manie het daarna stads- en streekbeplanning aan die Noordwes-Universiteit studeer. Nadat hy sy meestersgraad verwerf het, het hy in 1983 as professor by dié universiteit gewerk.

Hy was vir 50 jaar met die liefde van sy lewe, Eleanor, getroud en die paartjie het vier kinders saam. Hulle het ‘n kind op ‘n baie jong ouderdom aan die dood afgestaan.

In 2007 het Manie ‘n direkteurskap in Stellenbosch aanvaar Hy het in 2019 teruggekeer na Potchefstroom om af te tree waar hy sy tyd saam met sy vrou op ‘n plot spandeer het.

“Hy het vreeslik belanggestel in Amerikaanse politiek. Hy het nooit Suid-Afrikaanse koerante gelees nie omdat dit hom te veel ontstel het. Hy was lief vir diere en het met skape geboer. Hy was lief daarvoor om tussen die skape en die voëltjies te wees. Hy het die gronde op die plot self onderhou en het al die werk self gedoen,” vertel Eleanor.

Herman, Manie se seun, vertel dat sy pa ‘n baie liefdevolle mens was wat homself altyd oor mense ontferm het.

“Hy het omgegee vir sy gemeenskap, veral die wat swaargekry het. Hy het altyd hard gewerk en was baie aktief tot en met ‘n paar maande gelede.”

Manie word oorleef deur sy vrou, Eleanor, sy drie seuns, Herman, Phillip, Kobie en ses kleinkinders.

Besonderhede oor die gedenkdiens sal op ‘n later staduim deurgegee word. Indien enigiemand die familie wil kontak, kan Eleanor by 082 928 8778 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button