Local news

Ferdie in top 10 vir Huisgenoot se Mej. Tiener

Sy vertel sy was verras toe sy die nuus kry van Huisgenoot Mej. Tiener.

Annique du Plessis (17), ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Ferdinand Postma, is in die top 10 van die Huisgenoot Mej. Tiener.

Annique se ma is oorspronklik van Potchefstroom en alhoewel Annique in Johannesburg gebore is, het hulle in 2021 na Potchefstroom verhuis.

As die middelkind van vyf, het Annique ‘n groot liefde vir toneel en drama.

“Dit kan as ‘n hanteringsmeganisme gebruik word, mens kan jouself in ‘n veilige plek uitdruk.”

Sy hou ook daarvan om gholf te speel en te dans. Annique vertel sy het vir die Huisgenoot Mej. Tiener ingeskryf nadat sy van die kompetisie in die tydskrif by ‘n ouetehuis gelees het.

“Die lewe is kort, hoekom nie ‘n kans vat nie? As dit die Here se wil is om iets op jou pad te stuur, doen dit. Ek sal graag ‘n rolmodel wil wees.”

Annique is self al in haar lewe deur moeilike tye. Sy het op 11-jarige ouderdom in die hospitaal beland nadat sy aan kos gestik het. Sy het daarna ‘n vrees vir eet ontwikkel en ophou eet wat tot anoreksie gelei het. Annique is weer in die hospitaal opgeneem en moes vir haar lewe baklei. Sy het besluit sy gaan veg en so het sy stadig maar seker haar vrees vir kos baas geraak.

“Ek het nie in die Here geglo nie en deur hierdie pad te stap, het ek die Here gevind. Ek sal graag ander wil inspireer wat ook hierdie moeilike pad moet stap.”

Sy vertel sy was verras toe sy die nuus kry van Huisgenoot Mej. Tiener.

“Ek was verbaas, maar so opgewonde. Net die feit dat ek deur is na die top 30 toe, was reeds vir my ‘n prestasie.”

‘n Kontantprys van R10 000, ‘n pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils en om as ’n gas-aanbieder in ’n program op die VIA-televisiekanaal te verskyn, is maar van die vele pryse wat op die spel is.

Jy kan vir Annique stem deur na Mej. Tiener 2025 stemhub te gaan by: https:// share.google/1JaLwFNpq3klwVZe2. Elke persoon kan net een keer stem. Annique de Plessis. Stemme sluit op 31 Julie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button