Local news

Agt polisielede in hof wat glo onwettige sigarette steel

Hul inhegtenisneming spruit voort uit 'n voorval wat in November 2024 plaasgevind het.

Agt polisielede het in die hof verskyn nadat hulle glo R125 000 se onwettige sigarette gesteel het.

Sersant Marvin Demande (38), sersant Moses Dhlamini (41), sersant Funekile Maqanda (40), sersant Tsietsi Ramadie (47) en sersant Mothibedi Ramohanoe (46), wat verbonde is aan die Potchefstroom-biltspatrollie eenheid; Konstabel Solomen Landt (43), sersant Jan Morakabe (43) en sersant Josia Mothebe (42), verbonde aan die Ventersdorp-polisiestasie, het op Dinsdag, 15 Julie in die Potchefstrooms-landdroshof verskyn vir op klagtes van diefstal en regsverydeling.

Die beskuldigdes is 15 Julie deur die lede van die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaadondersoek eenheid en Ernstige Korrupsieondersoek eenheid in hegtenis geneem. Hul inhegtenisneming spruit uit ‘n voorval wat in November 2024 plaasgevind het, waarin die beamptes na bewering ‘n vragmotor vol onwettige sigarette rondom Ventersdorp voorgekeer het.

Kolonel Katlego Mogale, polisiewoordoerder, sê die beskuldigdes het glo die vragmotor deursoek en na bewering bokse onwettige sigarette gevind.

“’n Voorlopige ondersoek deur lede van Misdaadintelligensie het aan die lig gebring dat die beskuldigdes ‘n saak van besit van onwettige sigarette geregistreer het en slegs minder bokse sigarette in die SAP13-stoor ingeboek het. Verdere ondersoek het Misdaadintelligensie-beamptes na ‘n huis in Potchefstroom gelei, waar verskeie bokse sigarette, met ‘n geraamde waarde van R125 000, na bewering in een van die verdagtes se voertuig gevind is.”

Na ‘n ondersoek is die beskuldigdes in hegtenis geneem en aangekla van diefstal en regsverydeling. Hulle is elk op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 9 Oktober.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button