Local news
Gimmie verower goud by Duathlonkampioenskappe
Tihard is bekroon met Noordwes-kleure vir sy deelname.
Die SA Duathlon-kampioenskappe het op 12 Julie by Hoekwil Primêr in Wildernis plaasgevind.
Duathlon is ‘n multisport-uithouvermoëitem wat uit hardloop en fietsry bestaan. Dit volg tipies ‘n hardloop-fiets-hardloopformaat, met atlete wat tussen die twee sportsoorte oorskakel.
Tihard Strydom van Potchefstroom Gimnasium het die Noordwes Provinsie in die Seuns o19 Sprint-kategorie verteenwoordig. Tihard het 5km gehardloop gevolg deur 20km fietsry en met ‘n 2.5km hardloop geëindig.
Hy het ‘n tweede plek verower in ‘n tyd van 1:05:40. Tihard is bekroon met Noordwes-kleure vir sy deelname.

fiets.

wedloop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



