Local newsNewsNews
Botsing op Govan Mbeki laat een ernstig beseer
’n Ernstige ongeluk op Govan Mbeki op 18 Julie het een persoon ernstig beseer en die pad vir sowat ’n uur gesluit.
‘n Ongeluk wat op 18 Julie op Govan Mbeki plaasgevind het, het die pad vir ongeveer ‘n uur toe gehad.
Twee voertuie het teen mekaar gebots waarna een persoon ernstig beseer is. Beide persone wat in die ongeluk betrokke was is deur ER24 na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling. Een persoon het ernstige beserings opgedoen terwyl ‘n tweede persoon geringe beserings opgedoen het.
Plaaslike owerhede insluitend die brandweer was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



