Local news

Gesin verloor als toe huis vlam vat

Die gesin het egter hulp nodig om die basiese benodighede te bekom nadat hulle als verloor het.

‘n Gesin van vier het op 1 Augustus alles verloor toe hulle huis in Bailliepark afgebrand het. Die huisbrand het Vrydag omstreeks 14:30 in Malvastraat uitgebreek en nooddienste was vinnig op die toneel.

Die pad was versper vir verkeer en ‘n skare het gevorm om te kyk hoe brandweermanne die brand bestry. Dit is laatmiddag geblus.

By navraag was die gesin nie gereed om met die Herald te gesels oor die voorval nie. Hulle het egter hulp nodig om die basiese benodighede te bekom nadat hulle als verloor het.

Die onmiddellike behoefte is vir:

  • Klere – Toiletware
  • Handdoeke
  • Haardroër
  • Beddegoed
  • Kos/pakkies of koopbewyse
  • Klere koopbewyse

Hier is die groottes van die klere:

  • 15-jarige seun: Medium grootte hemde, broeke en baadjies. Skoengrootte 9.
  • 17-jarige seun: Large hemde, medium kortbroeke, large sweetpakbroeke, skoengrootte 11-12.
  • Mansklere: 36 broeke, XL hemde en baadjies, skoengrootte 10-11.
  • Damesklere: 14-16 broeke, medium hemde, medium tot large baadjies. Skoengrootte 5-6.

Vir meer inligting of om te reël vir donasies, skakel Rita by 082 821 4079.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button