CompetitionsLocal newsPrimary School

Baillies skitter by leeskompetisie

Minke Cilliers, ’n Graad 3-leerder van Laerskool Baillie Park het uitmuntend presteer.

Minke Cilliers, ’n Graad 3-leerder van Laerskool Baillie Park, het haar skool uiters trots gemaak toe sy eerste plek plek in die Onvoorbereide Lees-kategorie by die EFAL Leeskompetisie 2025 verower het.

Sy het ook vierde plek die in Voorbereide Lees-kategorie se Grondslagfase EFAL Leeskompetisie 2025 opgeraap.

Die kompetisie is op 16 September by Good Will Primary School in Mahikeng gehou, waar die beste Graad 3 EFAL-lesers uit al vier distrikte van Noordwes teen mekaar meegeding het: Ngaka Modiri Molema, Bojanala, Dr Kenneth Kaunda en Dr Ruth Segomotsi Mompati.

“Hierdie prestasie beklemtoon nie net Minke se harde werk en talent nie, maar ook die belangrikheid van lees as fondament vir leer, kritiese denke en emosionele intelligensie. Baie geluk Minke – jy laat Baillies se trots skitter,” het die skool vir Minke op sosiale media geprys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button