Local news

Kleinplaas parkrun vier 150ste byeenkoms

Op 11 Oktober gaan Kleinplaas parkrun sy 150ste byeenkoms hou.

Feesvieringe vind hierdie maand in die parkrun-gemeenskap plaas. Eerstens het parkrun wêreldwyd verlede Saterdag hul mondigwording gevier. Dit is 21 jaar gelede dat die eerste parkrun in Londen se Bushy Park met 13 deelnemers plaasgevind het.

Dit is begin deur Paul Sinton-Hewitt, wat ’n behoefte gesien het om hardloop en stap ’n leefstyl te maak wat gesondheid bevorder. Hy het die vereiste gestel dat dit vir almal toeganklik moet wees en, boonop, dat dit gratis moet wees. En so het sy droom ’n werklikheid geword wat nou wêreldwyd gevier word.

Tans vind parkruns in 22 lande plaas, en verlede week was daar 2 690 byeenkomste waarin 409 193 persone deelgeneem het. Hiervan het 19 122 vir die eerste keer aan ’n parkrun deelgeneem.

In Suid-Afrika het byna 220 dorpe gesien hoe 35 558 persone deelneem. Nog 3 173 was vrywillige helpers, en 2 072 het vir die eerste keer aan ’n parkrun deelgeneem. Paul het in Potchefstroom gematrikuleer by die Potchefstroom High School for Boys.

Op 11 Oktober gaan Kleinplaas parkrun sy 150ste byeenkoms hou, wat met ’n versoek van die president van parkrun SA, Bruce Fordyce val. Hy noem dit “Come Back Day”, waarin hy vra dat diegene wat voorheen aan parkruns deelgeneem het en om een of ander rede nie meer aktief is nie, weer by hul plaaslike parkruns aansluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button