Local news

Riool in Paryslaan ‘n blywende probleem

Die probleem kom al jare en verskeie huise in die gebied ervaar dieselfde probleem.

Vir jare kla die inwoners van Baillie Park, spesifiek die Paryslaan-area, oor ‘n rioolprobleem wat eenvoudig net nie opgelos word nie. Menige klagtes, navraag en selfs berigte is al oor die probleem gedoen.

Steeds wanneer dit reën, kan inwoners nie by hul huise uit nie. Jare later en na baie beloftes, is die probleem blywend. Die plaaslike munisipaliteit spuit gereeld die dreine oop, maar daar word niks gedoen om die werklike probleem aan te spreek nie.

Nico van der Merwe, ‘n inwoner van Njala Park -‘n meethuiskomplex in die gebied, sê hy weet nie meer waarheen moet hy met sy honde gaan nie aangesien sy erf elke dag vol rioolwater is. Hy kan ook nie sy gras sny of selfs net in die erf rondbeweeg nie.

Dawie Jacobs, die opsigter by Costa Lota meenthuiskompleks, sê die probleem kom al jare en verskeie huise in die kompleks ervaar dieselfde probleem.

Die Herald het al menige kere berigte oor die probleem geskryf en menige navrae by die munisipaliteit gedoen, steeds sonder sukses.

Die rioolwater in Nico se erf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button