Local news
Volkies Sportsentrum spog met nuwe spinfietse
Dit gaan verseker ‘n groot aanwins vir die skool se Hoëprestasie Sportsentrum wees.
Hoër Volkskool het onlangs ‘n vrygewige skenking van 12 nuwe spinfietse vanaf Don Carlos van der Merwe en Miederpark Spar, vir hul sportsentrum ontvang.
“Graag bedank ons vir mnr. Don Carlos van der Merwe en Miederpark Spar vir die skenking aan Volkies se sportsentrum. Dit gaan verseker ‘n groot aanwins vir die skool se Hoëprestasie Sportsentrum wees. Ons weet ons leerders gaan dit ten volle benut,” het die skool in ‘n plasing op sosiale media gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



